Ingenieurs Spesialiste In
Klipwaens, kratwaens, driepunt en hidroliese skrapers, pars-, kantel-, platbak- en sleepwaens, diesel en waterkarre, bossieslaners, bins en kalkstrooiers . Ons knip en buig plate.
Gekwalifiseerde Span
Ons span bestaan uit ’n aantal goed opgeleide individue.
Kwaliteit Diens Verseker
By Oldu Ingenieurs strewe ons daarna om hoë kwaliteit produkte te vervaardig.
Altyd Op Tyd
Ons sorg dat al ons projekte voor die kliënt se sperdatum voltooi word.
Ons is Passievol
Oldu Ingenieurs is ons familie, ons liefde vir ons werk en passie vir die industrie word weerspieël in elkeen van die projekte wat ons aanpak.
ONS STORIE
WIE IS ONS
Die destydse Boland Ingenieurs is in 2019 oorgekoop deur die eienaars van Oldu Ingenieurs.
Kort nadat alle transaksies afgehandel is, het ons die werkswinkel opgegradeer sodat ons u steeds vriendelike,behulpsame, professionele en vinnige diens kan waarborg.
Ons is daartoe toegewy om elkeen van ons kliënte te voorsien van net die beste ingenieurswerke teen die billikste pryse.
Ons weet dat elke kliënt se omstandighede uniek is en daarom word elke projek aangepak om te voldoen aan die unieke behoeftes van die kliënt.